V - Vormige Herstel

Home / – News Articles

V - Vormige Herstel

Beste Belegger,

 

In krisistye reageer beleggers met emosie. Ons mees onlangse krisis was die COVID-19 pandemie, maar sou ons net terug kyk die laaste 17 jaar,dan het verskeie groot krisisse al plaasgevind waarop beleggers emosioneel gereageer het.

 

Wanneer so n krisies plaasvind onttrek beleggers geld uit hulle beleggings, ook bekend as die mark, en plaas dan die geld in geldmark of ander meer stabiele bateklasse,of hou bloot hulle geld onder die spreekwoordelike kopkussing. Die gevolg is dat algemene markwaarde verloor word en n daling plaasvind in beleggingswaardes.

 

Die probleem egter met so n skuif is gewoonlik dat dit na die aanvanklike daling in markwaarde reeds plassgevind het. Byvoorbeeld, jou beleggingswaarde was R1 000 000 in waarde, maar nou vertoon die waarde R800 000. Hierdie vertoon van waardevermindering is wat ons noem n papierverlies. Met die skuif van fondse na Geldmark of deur jou geld onder jou kopkussing bere, realiseer jy die R200 000 papierverlies na n WERLIKE VERLIES.

Om weer terug te kom in die mark en die verliese te probeer inhaal is byna onmoontlik.

n V-vormige herstel in beleggingswaarde is wanneer jy emosie kant toe skuif, die krisis “uitsit” en in die aandelemark bly.

Sien gerus as voorbeeld n V-vormige herstel gedurende die COVID-19 pandemie met twee gebalanseerde fondse;  Allan Gray Balanced en Coronation Balanced Plus.

Wat om weg te neem? Om te bly op jou koers gedurende krisistye kan meer voordelig wees as om impulsief te reageer.

Vriendelike groete,

Leave a Reply

CLIENT ZONE